|
Foto onder: Storie en fotos oor ons gemeente se uitreik na Xai-Xai in Mosambiek in E-gemeentenuus - deur Dr Mike
Ook in E-gemeentenuus - fotobeeld van ons kleurvolle basaar by St Michaels
Die NG-gemeente Margate verwelkom u!
Margate is ‘n omgeegemeente wat "met alles vir Christus leef" langs die Suidkus van Kwa-Zulu Natal.
Die gemeente is nou betrokke by die gemeenskap en die wêreld by wyse van gemeenskapsprojekte en uitreikaksies
Die jeug en die bejaardes geniet hoë prioriteit in die bediening. In 1 Korintiërs 15: 58 roep Paulus die gemeente op om standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig te wees in die werk van die Here, omdat hulle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. Hy doen dit teen die agtergrond van Christus se liefdesoffer op Golgota en opstanding uit die dood. Dit is ook die motivering vir die Margate-gemeente se liefdesdiens
Die NG kerk Margate is geleë langs die laer Suidkus tussen die Izotsha-spruit by Oslo Beach en die Umtamvuma rivier by Port Edward. Gedring deur die liefde van Christus saam met wie ons opgewek is uit die dood, en wagtend op Sy terugkeer, streef ons daarna om met woord en daad vir Christus te leef
Daar word na die gemeenskap uitgereik deur te fokus op bejaardesorg, sorg aan kankerpasiënte en hospitaalbesoeke. Die Jeugbediening staan op drie bene -- kategese, kinderkerk en kerkjeugaksies.
Die gemeente reik uit na die wêreld en is binnelands betrokke by Lusikisiki, Gamalake en die Malutis. Buitelands reik die gemeente uit na Nepal en Angola. Benewens hierdie uitreikaksies word daar ook na noodlydendes in die gemeenskap en gemeente omgesien. Die eredienste word gekenmerk deur suiwere Woordverkondiging en lofprysing
Die NG gemeente Margate nooi u hartlik uit om uself met u gawes tot beskikking van die Here te stel. Kom skakel in by die gemeente en versterk ons visie, naamlik om te leef vir Christus, met woord en daad, sodat Hy meer kan word in die gemeenskap langs die Laer Suidkus van KwazuluNatal. Margate leef vir Christus !
“Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het” ... C.J. Langenhoven
|